Wat ‘n persoon met Alzheimer / Demensie onthou …
‘n Persoon met Alzheimer / Demensie onthou hoe om te bid, hoe om op te staan wanneer hy/sy nagmaal hou, en selfs al kan hy/sy nie altyd die woorde van die liedjies onthou nie, onthou die melodieë. Musiek bly ‘n deel van hul wese en spontane musiek, sang en dans verskaf groot vreugde. Een van ons eerste inwoners speel elke dag haar klavier so gereeld as wat sy kan, wat sorg vir groot vermaak vir alle inwoners en besoekers.
