Brief van Natasha, Ido se lewensmaat
Midway Care Center sê presies wat hierdie instansie doen, en ons was baie gelukkig met Ido se vordering en rehabilitasie tydens sy verblyf vir 2 maande na sy beroerte.
Nadat Ido ontslaan is, kon hy loop met behulp van n’ loopraam, self opstaan uit n’ stoel en ander funksies verrig wat ek nie sou kon regkry nie.
Almal wat daar werk, vanaf die kombuis, versorging, verpleeg personeel behandel die mensies met profesionele deernis en respek.
Midway het die spanning en stres van ons as familie verlig en ons is ewig dankbaar vir almal se liefde en omgee. Dankie Sharon, jy het n’ wonderlike span wat vir jou werk.
Natasha
