Brief van Sias en Annelise Heyns

Ons het amper 5 jaar gelede voor ‘n groot krisis te staan gekom toe my tannie, wat geen eie kinders het en ‘n oujongnooi is, nie meer vir haarself kon sorg, ad gevolg van dimensia nie. Sy kon op daardie stadium nie eers loop nie en moes per rolstoel na bestemmings geneem word. Ons is deur goeie vriende aanbeveel om Midway Care Centre te oorweeg as versorgings-oord aangesien die vriende verskeie instansies al deur is met hul moeder. 

Van dag een af, het die plaas-omgewing, sorgsame en liefdevolle ontvangs en ruimtes ons beiindruk. Die kamers waar maksimum 4 beddens gedeel word en die besondere sorg vir elke inwoner se spesifieke behoeftes is verdere plus-punte.

My tannie kan nou met ‘n loopraam loop. Sy word goed versorg. Die daaglikse roetine en gesonde etes versterk haar. Sy is 1000maal beter af waar sy nou is, as wat sy in haar eie woonstel was. 

Ons is baie dankbaar vir Sharon, Ansovi en die span wat so mooi na ons tannie kyk. 

Liefde groete

Sias en Annelise Heyns
×

Make an appointment and we’ll contact you.