Deidre oor Midway
Midway is een van min versorgingsoorde wat werklik hul aansprake van omgee en begrip vir broos, demensie en Alzheimer lyers gestand doen.
Midway is gefokus om waarlik n holisties gebaseerde ondersteuningsomgewing vir hul inwoners te skep.
Midway verstaan wat die invloed van angs, spanning, pasient frustrasie en oormatige sederende medikasie op die welsyn van hul inwoners is.
Midway se benadering om n perfekte liefdevolle, empatiese, stresvrye en stimulerende omgewing vir die behoeftes van sy inwoners te skep maak hul leiers op die gebied van versorging van mense met demensie en Alzheimer’s siekte.
Midway het is n intieme versorgingsoord waar elke inwoner se individuele behoeftes verstaan en ondersteun word.
Dankie weereens Sharon. My hart wou breek gister toe ek sien hoe tannie Marie saam met jou rondry… jy het dit altyd my Ma so besonders en belangrik laat voel.
