Francois Roets 13 Sept 2018
Ek wil net weereens vir Jou en die span by Midway, uit die diepte van ons hart dankie sê, dat Julle vir ons Pa -Frans Roets, omgegee het asof Hy julle eie familie is.
Ons het aanvanklik gedink, Hy sal verewig vir ons verlôre wees, en ons het alreeds van Hom begin afskeid neem. Ons het nagte wakker gelê, en bid vir n uitkoms.
Hy was gediagnoseer met dimentia, en ons het gedink Hy sal nooit weer dieselfde kan wees nie.vJul uiters profesionele aanslag, en onvoorwaardelike liefde en omgee by Midway, het ons Pa in staat gestel om na slegs 5 maande, weer n normale lewe te kan lei met sy kinders en kleinkinders.
Ons sal Jul ewig dankbaar wees, veral omdat Julle hom kon help om n roetine te vestig, gesond kon leer eet, en weer n lus vir die lewe te kon ontwikkel.
Ons het onlangs my Pa laat evalueer, deur n Psigiater, en Hy kon geen fout vind met Hom nie. Hy het ook aanbeveel dat Hy geen medikasie hoegenaamd gebruik nie.
Verder ry Hy elke dag op sy eie rond, doen sy eie banksake, en vertel interessante stories, almal hang aan sy lippe.
Baie danke vir alles, mag Hy wat almagtig is om enige iets te doen , Julle ook ryklik seën in alle wat Julle doen.
