Jan Potgieter – Sept 2019

Vier jaar gelede het ek by Midway die vrede en gerustheid in my hart gevind waarna ek opsoek was vandat ek noodgedwonge my geliefde vrou in ‘n Alzheimer’s versorgingseenheid moes plaas.  Midway was my derde probeerslag.  Ek was angstig en huiwerig as gevolg van my vorige ondervinding, maar met hul hoogstaande fasiliteite, huislike atmosfeer en liefdevolle versorging het ek binne die bestek van ‘n paar weke geweet die soektog het tot ‘n einde gekom.

Die verskil tussen Midway en ander versorgingseenhede is eenvoudig en kan in een woord opgesom word: liefde.  Inwoners by Midway word nie versorg nie, hul word liefgehe.  Elke dag doen die personeel alles in hul vermoe om die inwoners te help om sosiaal te verkeer, om die natuur te beleef en geniet, om te lag, om die prag van musiek te waardeer.  Alle etes word saam genuttig en mobiliteit is nie ‘n kwessie nie; met baie geduld word daar seker gemaak elke inwoner is aan tafel.

Elke verjaarsdag word gevier met koek en ander versnapperings, ballonne en selfs ‘party-hats’.  Almal is genooi en almal deel in die feesvieringe.  Ek self het al genoeg van hierdie partytjies bygewoon om te kan getuig van die positiewe effek wat dit op die inwoners het.  Hul verstaan dalk nie wat aangaan nie, maar dit keer hul nie om opgesweep te raak deur die atmosfeer en deel te neem aan die joligheid nie.  Dit is fantasties om te beleef.

Dit is baie maklik vir die samelewing om te vergeet dat Alzheimer’s pasiente nog steeds mense is met emosies.  Mense met die behoefte om lief te he, om liefgehe te word, om te sosialiseer, om deel te voel, om behulpsaam te wees.  Midway het dit nie vergeet nie.  Midway skep elke dag geleenthede vir elke inwoner om hierdie emosies te ervaar, al verstaan hul dit nie…

×

Make an appointment and we’ll contact you.